Die gemeente van Parkheuwel is op 20 Julie 1955 gestig en op 27 Julie 1957 ingewy, die begin van ‘n nuwe gemeente en ‘n nuwe kerk. Die naam, Parkheuwel, is ‘n samestelling van Holland Park en die heuwel aan die Adcockvale-kant.
Die koste verbonde aan die bou van die kerk was ongeveer R54 000.
Die kerk en die gemeente het al ‘n lang pad gekom, en op 20 Julie 2020 vier die gemeente sy 65ste bestaansjaar.
Op 27 Augustus 2017 het die gemeente van NG Kerk Kensington saamgesmelt met die gemeente van Parkheuwel.