Kerkbode se nuwe toepassing!
Kerkbode is deesdae ewe tuis op die virtuele rakke van die digitale wêreld se app-winkels as in die voorportale van byna 400 gemeentes wat getrou inteken op die koerant se gedrukte weergawe. “Kerkbode het die voordeel dat, hoewel ons ‘n klein redaksionele span is, ons wel die vaardighede en hulpbronne in die groter Bybel-Media tot ons beskikking het, om ‘n wêreldklas-app soos dié aan ons lesers te kan bied,” sê Le Roux Schoeman, die redakteur van Kerkbode. Die nuwe toepassing is sedert Mei 2019 vir Android- en Apple-gebruikers beskikbaar. Besoek www.kerkbode.co.za om dit af te laai en volg die skakel na die app-winkel in die regterkolom van die tuisblad.